Andrew Porter
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Andrew Porter | |
---|---|
Gebore | Andrew Brian Porter 26 Augustus 1928 |
Sterf | 3 April 2015 (op 86) |
Beroep | Musiekkritikus, orrelis en operaregisseur |
Andrew Brian Porter (Kaapstad, 26 Augustus 1928 – Londen, 3 April 2015) was 'n Suid-Afrikaans-gebore musiekkritikus, orrelis en operaregisseur. Hy was 'n skolier by Diocesan College en 'n student by University College, Oxford Universiteit. Porter was 'n invloedryke skrywer oor Westerse klassieke musiek wat dekades lank artikels en resensies gepubliseer het in Britse koerante soos The Times, The Daily Telegraph, The Financial Times, The Observer en The Times Literary Supplement. Hy is in 1960 aangestel as redakteur van die akademiese joernaal The Musical Times, en was tussen 1972 en 1992 as skrywer verbonde aan die Amerikaanse tydskrif The New Yorker. Porter het bekendheid daarvoor verwerf dat hy met argivale werk groot onbekende dele van Verdi se opera Don Carlos ontdek het, en was na sy ontdekking betrokke by die publikasie en opvoering van 'n sogenaamde "oorspronklike weergawe" van die opera se musiek en libretto.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- A Musical Season: A Critic from Abroad in America, Viking Press (1974), ISBN 0-670-49650-2
- The Ring of the Nibelung (translation), Norton (1976) ISBN 0-393-02192-0
- Music of Three Seasons, 1974–1977, Farrar, Straus and Giroux (1978), ISBN 0-374-21646-0
- Music of Three More Seasons, 1977–1980, Knopf (1981), ISBN 0-394-51813-6
- Verdi's Macbeth: A Sourcebook (met David Rosen), Cambridge University Press (1984), ISBN 0-521-26520-7
- Musical Events: A Chronicle, 1980–1983, Summit Books (1987), ISBN 0-671-63538-7
- Musical Events: A Chronicle, 1983–1986, Summit Books (1989), ISBN 0-671-63539-5